Naudé maak Curriebeker-buiging
Die Pumas se jong loskopstut Morgan Naudé maak Vrydagaand in Bloemfontein sy Curriebekerbuiging teen die Cheetahs.
Naudé, wie verlede week nog vir die Onder 20s diens gedoen het, vervang Kwezi Mona in ‘n verrassende skuif.
Hy is soos die Bokstut Vincent Koch ‘n produk van Nelspruit Hoërskool.
Jimmy Stonehouse het ook aan sy losvoorspelerkombinasie varander om vir Jeandré Rudolph op agtsteman plek te maak.
Willie Engelbrecht skuif sewe-flank toe nada thy tot dusver op agt gesak het.
Die keuse van ‘n esktra baldraer het die skuif genoodsaak en Rudolph is ‘n klassieke agtsteman in die Jannie Breedt tradisie.
Die agterlyn bly presies dieselfde met Stefan Ungerer en Chistopher Smith die skakelpaar en Ryan Nell en Neil Maritz in die middelveld.
iCOLLEGE Pumas teen Cheetahs:
Devon Williams; Morné Joubert, Neil Maritz, Ryan Nell, Ruwellyn Isbel; Christopher Smith, Stefan Ungerer; Jeandré Rudolph, Willie Engelbrecht, Marnus Schoeman, Hugo Kloppers ©, Le Roux Roets. Andrew Beerwinkel, Marko Janse van Rensburg, Morgan Naudé. Reserwes: Simon Westraadt, De-Jay Terblanche, Cameron Lindsay, Francois Kleinhans, Abrie Griesel, Kobus Marais, Henko Marais.
Related Posts
« Tafel Lager Griquas vs. DHL Western Province Samu Kerevi re-signs with St.George Queensland Reds for 2019 »