Boland Rugby Elite groep 2018
Die Boland Rugbyunie het onlangs ‘n elite oefengroep aangewys om deel te neem aan die voorseisoense oefenprogram van die Boland Kavaliers.
Dié uitnodigingsgroep, wat bestaan uit spelers uit die klub- en onder 20 strukture van Boland Rugby, het verlede week saamgetrek by die Boland Stadion in Wellington. Die doel van die elite groep is om spelers te beloon wat in 2017 goeie vorm vertoon het op klub- en juniorvlak, deur hulle bloot te stel aan die oefeninge en strukture van Boland Rugby se professionele span, die Boland Kavaliers.
‘n Span sal saamgestel word uit die groep om op 20 Januarie 2018 in ‘n opwarmingswedstryd te speel teen die Universiteit van Stellenbosch (Maties) se Varsitybeker span te Stellenbosch, met die uiteindelike doelwit om geselekteerde spelers vanuit die groep te betrek by die Boland Kavaliers se provinsiale groep vir 2018.
Volgens Randall Modiba, hoofafrigter van die Boland Kavaliers, is dit “belangrik om geleenthede te skep vir begaafde spelers binne die grense van die Boland Rugbyunie.
“Daar is ‘n groot sprong vanaf klub- na senior provinsiale vlak, dus is dit belangrik om ‘n middelvlak te skep, waar spelers stelselmatig betrokke kan raak by die professionele strukture van Boland Rugby.”
Die Boland Kavaliers se afrigtingspan was direk betrokke by alle prosesse rakende die elite-groep, met ‘n voorlegging wat aangebied was deur die hoofafrigter, gevolg deur verskeie krag- en fiksheidstoetse wat aangebied was deur die fiksheidsafrigter.
“Ons is tevrede met dit wat ons bereik het tydens dié fase van die proses,” sê Modiba. “Sekere spelers het goed gevaar in verskeie van die toetse, terwyl ander spelers harder sal moet werk aan hul fiksheid en kondisionering.
“Die entosiasme van die spelers was egter opvallend en verblydend. Ons probeer juis ‘n trotse en mededingende kultuur handhaaf, waar spelers bereid is om te veg vir ‘n plek in die Kavaliers-span.
Volgens Modiba is die deur beslis ook nie toe vir ander spelers binne die unie nie.
“Daar sal deurlopend geleenthede geskep word aan spelers wat hul hande opsteek, om betrokke te raak by Boland Rugby se elite groep”.
Boland Rugby Elite Oefengroep 2018:
POSISIES | NAME | CLUB |
STUTTE | Van Wyk, Clarence | Roses United |
Hoffmeester, JR | Roses United | |
Adams, Robin | Majestics | |
SLOTTE / LOSVOORSPELERS | Booysen, Emile | Hillcrest RFC |
Erasmus, Francois | Darling RFC | |
Rossouw, Francois | Abbotsdale RFC | |
Adendorf, Heinrich | Grabouw RFC | |
Jacobs, Phillip | Boland o.20 | |
Booysen, Taine Randall | Boland o.20 / Montagu Villagers | |
Dwayi, Benjamin | Safcol | |
SKRUMSKAKELS | Le Fleur, Gerdwill | Wesbank RFC |
Langdown, Mervyn | Boland o.20 / Montagu RFC | |
Nortje, JP | Invincibles RFC, Vredendal | |
LOSSKAKELS | Willemse, Colin | Robertson RFC |
Van Wyk, William | Ceres RFC | |
SENTERS | Abels, Tyrone | Roses United |
Snyman, Earl | Robertson RFC | |
Nelani, Mtile | Boland o.20 / Wesbank RFC | |
Van Schalkwyk, Chemandre | Coronations, Malmesbury | |
Vermeulen, Damion | Ceres RFC | |
Hahn, Llewellyn | Van Rhynsdorp, Eagles | |
VLEUELS | Engeldoe, Damian | Roses United |
Adonis, Barry | Boland o.20 / Young Hearts, Pella | |
Foute, Enzo | Boland o.20 / Hamiltons, Worcester | |
Nel, Werner | Delicious RFC, Ceres | |
Rana, Rowan | Roses United, Wellington | |
HEELAGTERS | Solomons, Jade | Young Hearts |
Conradie, Ryno | Rangers Robertson |
Related Posts
« England U20 coaches announced as part of coach development programme agreement Powell names unchanged side for HSBC Cape Town Sevens »