George Ford Bo Owen Farrell gekies

Nov 27 • General News, International, World Rugby • 2225 Views • Comments Off on George Ford Bo Owen Farrell gekies

Skrywer: Carli Kock
Foto: Werner Nysschen Photography

Engeland se Billy Twelvetrees sal in die plek van Owen Farrell Saterdag teen die sukkelende Qantas Wallabies, uitdraf.

Twelvetrees sal die nommer 12-trui oor sy kop trek en George Ford sal die skopskoen dra.

Dit is die enigste verandering wat die breier van die Engelse, Stuart Lancaster, aan die 23-tall gebring het.

Alhoewel Engeland nog net een wen hierdie seisoen in die sak het, sal hulle hoop om hul rugbyseisoen op ‘n hoogtepunt die naweek op ‘n intimiderende Twickenham Stadion af te sluit.

Australië se Rob Simmons, wat ook in sy 50ste wedstryd uitdraf, is een van drie veranderinge. Adam Ashley-Cooper vervang die beseerde Tevita Kuridrani op buite-senters en Luke Jones maak plek vir Sean McMahon.
Simmons sal die sesde Australiese-speler wees wat vanjaar in die voete van James Slipper, Dekope Kepu, Tatafu Polota-Nau, James Horwill en Wycliff Palu volg wat ook hul 50ste gehaal het.

Die besoekers het verlede naweek teen Ierland 23-26 vasgeval nadat die losskakel van die Iere, Jonothan Sexton ‘n strafskop in die 64ste minuut deur die pale gestuur het. Krediet moet aan Australië gegee word vir hul terugvegpoging nadat hulle binne die eerste paar minute reeds 17-0 agter was.

Mits Engeland die kragmeting wen, sal dit hul tiende oorwinning in 13 toetse op Twickenham wees. Hulle het verlede naweek teen Samoa 28-9 koning gekraai.

Die wedstryd skop om 15:30 af.

Die spanne is:

Engeland
15. Mike Brown
14. Anthony Watson
13. Brad Barritt
12. Billy Twelvetrees
11. Jonny May
10. George Ford
9. Ben Youngs
8. Ben Morgan
7. Chris Robshaw
6. Tom Wood
5. Courtney Lawes
4. Dave Attwood
3. David Wilson
2. Dylan Hartley
1. Joe Marler

Plaasvervangers:
16. Rob Webber
17. Matt Mullan
18. Kieran Brookes
19. George Kruis
20. James Haskell
21. Richard Wigglesworth
22. Owen Farrell
23. Marland Yarde.​

Australië:

1. James Slipper
2. Saia Fainga’a
3. Sekope Kepu
4. Sam Carter
5. Rob Simmons
6. Sean McMahon
7. Michael Hooper
8. Ben McCalman
9. Nick Phipps
10. Bernard Foley
11. Rob Horne
12. Matt Toomua
13. Adam Ashley-Cooper
14. Henry Speight
15. Israel Folau

Plaasvervangers:

16. James Hanson
17. Benn Robinson
18. Ben Alexander
19. Will Skelton
20. Luke Jones
21. Nic White
22. Quade Cooper
23. Kurtley Beale

Related Posts

« »