Kavliers vs SWD

Aug 22 • Currie Cup F.Div, Currie Cup F.Div News, General News • 2388 Views • Comments Off on Kavliers vs SWD

Die Regent Boland Kavaliers pak Saterdag die SWD Arende op die Boland Stadion om 16:00, met beide spanne steeds sterk in die wedloop om die uitspeelrondes van die Curriebeker Eersteliga te haal.

Ondanks hul naelskraapse nederlaag teen die Luiperds verlede Saterdag (Boland het met 22-17 die knie gebuig op Potchefstroom), is die Kavaliers steeds goed op dreef en sal ‘n bonuspunt-sege oor die Arende dié twee spanne gelyk laat lê op die punteleer.

Met die Pumas steeds onoorwonne en bo-aan die punteleer (37 punte), beklee die Arende tans die tweede posisie met 27-punte, met die Kavaliers in die vyfde posisie met 22 punte.

Buiten die Kavliers vs SWD wedstryd, sal dié twee spanne se o.19’s en o.21’s ook sake uitspook, met die Boland Premierliga-spanne, Wellington vs Wesbank, wat in ‘n voorwedstryd sal kragte meet.

REGENT BOLAND KAVALIERS-SPAN (vs SWD ARENDE):
Jacquin Jansen, Chesswin Williams, Johnathan Francke, Wynand Pienaar, Brendon April, Eric Zana, Lucky Kebe, PJ van Zyl, Bradley Fortuin, Franzel September, JC Astle, Ben Venter, Jacques Kotze, Clemen Lewis, Sabelo Nhlapo. PLAASVERVANGERS: Ulrich Pretorius, Francois Hanekom, Hanno Kitshoff, Lodewyk Uys, Ricky Schroeder, Braam Gerber, Senan van der Merwe.

WEDSTRYDBEPALINGS VIR SATERDAG

VELD: HOERSKOOL HUGENOTE
12:30 – Boland o.19 vs SWD o.19
14:00 – Boland o.21 vs SWD o.21
VELD: BOLAND B-VELD
11:00 – Wellington C vs Wesbank C
12:15 – Wellington B vs Wesbank B
VELD: BOLAND STADION
13:30 – Wellington A vs Wesbank A
16:00 – Regent Boland Kavaliers vs SWD Arende

Toegang is gratis is vir skoliere met skool-uniform aan en slegs R5 vir skoliere sonder skool-uniform. Volwassenes betaal R30.

Related Posts

« »