Mark Alexander neem die leisels oor by SARU

Oct 27 • General News, Pale Toe • 1433 Views • Comments Off on Mark Alexander neem die leisels oor by SARU

Die Uitvoerende Raad van SARU het Donderdag in Johannesburg vergader om die nuwe uitvoerende raadslede te kies nadat daar vakatures op die bestuur ontstaan het.

Mark Alexander wat waarnemende president was sedert die bedanking van Oregan Hoskins in Augustus, is onbestrede verkies as president, ‘n posisie wat hy sal beklee tot die volgende verkiesing in 2018.

Die visie-president is Francois Davids en Vivian Lottering van die Valke is tot die Raad verkies.

Alexander het die prioriteitslys van SARU beklemtoon, waartydens hy ‘n 100-dag plan onthul het wat hy met die Raad bespreek het.

Vna die belangrikste punte op SARU se agenda is:

  • Die ondersteuning van die nasionale span
  • Die aanspreek van die struktuur en en volhoubaarheid van unies
  • Die her-ontwerp van SA Rugby se kompetisiestrukture
  • Finansiële stabiliteit
  • Transformasie en
  • Die verkryging van die bodregte op die 2023 Rugby Wêreldbeker kompetisie

Hy het verwys na die afrigtersindaba wat verlede week plaasgevind het, “dit was die begin van die ondersteuningsproses vir die Springbokke en om die span op die verwagte prestasievlakke te kry.

“Dit sal nie oornag verander nie, maar hierdie is ‘n stap in die regte rigting, ons het die ondersteuning van die franchise afrigters en bestuur gehad en ons het dokumente opgetrek wat die pad vorentoe uitspel, daar sal ‘n opvolgindaba wees na die Europese toer.”

Hy het verwys na ‘n nuwe model in die SA Rugbystruktuur, waar ‘n franchise en nie-franchise stelsel in plek sal kom. Die franchise deel sal die Superrugby stelsel bevat en SARU het reeds ‘n beplanning om sy konstitusie sodanig te verander voor die algemene Raadsvergadering in Desember 2016.

SARU wil ook komitees byvoeg; een vir gelisensieerde franchise-rugby met meer klem op gelykwaardigheid, en ‘n ander vir nie-franchise rugby wat na die belange van die 14 unies sal omsien.

“Ons sal die verwagte teikens vir transformasie haal ten einde hulle in staat te stel om vir die 2023 Rugby Wêreldbeker toernooi te bie.

“Ons syfers lyk tans reg met alle spanne, maar ons moet volhoubaarheid inbring van die laagste vlakke af.

“Ons sal al hierdie inligting bekendmaak op ons inligtingsessies wat ons landswyd gaan neem en op veral nie-rugbyspelende gemeenskappe konsentreer.”

Simon Riekert #paletoe www.rugbyfifteen.co.za

 

Related Posts

« »