Mylpaal wink vir Demas teen WP

Jul 8 • General News, South Africa • 1540 Views • Comments Off on Mylpaal wink vir Demas teen WP

Photo: Gallo Images

DANWEL DEMAS – immergroen spoedvraat van die Boland Kavaliers – sal eerskomende naweek ‘n spesiale mylpaal bereik wanneer hy in sy 50ste wedstryd uitdraf teen die Westelike Provinsie.

Demas is op linkervleuel ingesluit in Boland se span, wat Saterdag op Piketberg (Rhino Park) te staan kom teen die Streeptruie in ‘n Curriebeker kwalifiserings-wedstryd.

Die 34-jarige Demas, wie bekend is vir sy kenmerkende lang lokke en sy bedrieglike vaart, het al diep spore in Suid-Afrikaanse rugby getrap. Demas het onder-andere Springbokkleure verwerf as ‘n lid van die SA Sewesspan in 2003, het die Opkomende Springbokke verteenwoordig en het ook Superrugby gespeel vir die Cheetahs en die Blou Bulle.

Demas is egter ‘n Bolander in murg-en-been en het aan New Orleans Hoërskool in die Paarl gematrikuleer.

Intussen is daar net een verandering aan die Kavaliersspan wat verlede Vrydag afgereken het met die Blou Bulle op Loftus Versfeld. Francois Hanekom begin op loskopstut in die plek van Chippie Oelofse. Oelofse se plek word op opgeneem deur Linda Thwala op die plaasvervangersbank.

BOLAND KAVALIERS SPAN

15. Nico Scheepers
14. Sergio Torrens
13. Ryan Nell (Kaptein)
12. Christopher Bosch
11. Danwel Demas
10. Adriaan Carelse
9. Marnus Hugo
8. Zandré Jordaan (Onder-kaptein)
7. Shaun McDonald
6. Shaun Adendorff
5. Ferdi Horn
4. Hanno Kitshoff
3. Basil Short
2. Chadley Wenn
1. Francois Hanekom

16. Clemen Lewis
17. Linda Thwala
18. Ockie van Zyl
19. Wayne Wilschut
20. Jovelian de Koker
21. William van Wyk
22. Gerhard van Wyk

Die program vir die dag is soos volg:

10:00 – Swartland Streek vs Saldanha Streek

11:30 – Bergrivier Streek vs Cederberg / Matsikhama Streek

13:00 – Porterville Hoërskool vs Steynville Sekondêr

15:00 – Boland Kavaliers vs Westelike Provinsie

Toegang beloop R30 vir volwassenes en R10 vir skoliere.

  • BOLAND O.20:

Die Boland o.20-span is die naweek in aksie in die Curriebeker o.20-kompetisie, wanneer hulle teen die Valke o.20-span te Kempton Park te staan kom op Saterdag 9 Julie. Dié wedstryd skop af om 12:30.

Related Posts

« »