Nog ‘n Springbokkaptein in die Kookpot
“Êrens in November sal ons ʼn chat hê, ons weet nog nie wanneer nie, maar coach Allister is oop vir gesprek met ons. Ons sien die ander coaches in September by die SANZAAR- vergadering en hopelik sal ons daar ʼn gesprek of twee hê.
“Allister is bereid om te praat oor die toekoms en ons sal hopelik hoor wat hy voorstel.”
Aldus die hoofafrigter van die Bulls en die Blou Bulle, Nollis Marais.
Intussen loop nog ʼn Bok-leier aan die einde van ʼn seisoen wat niks positiefs vir Springbokrugby voorspel nie.
Teen hierdie tyd het die sosiale media reeds sy aankondiging dat hy aan die einde van die jaar Toetsrugby groet, óf besing óf beween.
Min Bokondersteuners is neutraal oor spelers, allermins hul kaptein.
Edward Griffiths, bekroonde sportskrywer en eerste Hoof Uitvoerende Beampte van SARFU in 1995, skryf in sy boek “The Captains” só oor Springbok kapteinskap: “When William Shakespeare wrote, at the start of the 17th Century, ‘uneasy lies the head that wears a crown’, he might have been referring to England’s King Henry IV rather than the succession of gentlemen who have carried the mantle of the Springbok captaincy, but the words are appropriate.
“The title has ever been an honour, and a burden.”
Geen Springbok kaptein, huidig of voormalig, sal vertroulik sê dat hulle gretig was om die rol te aanvaar.
Soos Griffith tereg sê: “without exception, this select band of men reflects upon the weight of resonsibility and, notably in recent years, the demands to fill airwaves and coloumns with quotes…and the need to win. To be Springbok captian is to live under pressure.”
Elke Springbok kaptein sal beaam dat ons in ʼn land woon waar die span elke keer moet wen as hulle op die veld draf.
Elke kaptein veroorsaak ʼn driftige reaksie; dis óf gelukwense óf kritiek. Dit was vanaf Felix du Plessis se tyd so in 1949. Sukses teen die All Blacks in drie Toetse net om permanent uitgelaat te word.
Stephen Fry se span van 1955 het ʼn oorwinning oor die Britse en Ierse Leeus nodig gehad om in Port Elizabeth die reeks gelykop te maak. Hulle het dit reggekry nadat hy letterlik met die dood gedreig is as hy nie bedank nie.
So is dit nie anders met Adriaan Strauss nie.
Met reg word vrae gevra soos, “hoekom is hy in die eerste plek aangestel deur Coetzee as die langtermyn kaptein, nadat die einste Coetzee reeds in 2015 geweet het Adriaan wil in 2016 uittree; kom daar ʼn nuwe kaptein vir die tradisionele einde-van-die-jaar-toere en miskien die heel beste een: was Strauss gestamp of het hy self gespring?”
Die algemene opvatting is dat Strauss nie meer die haker was wat hy by die Cheetahs was nie.
Maar nie almal dink so nie.
Nollis Marais dink Strauss is ʼn briljante kaptein.
“Hy was ons kaptein en ek dink daar is een of twee aspekte van die Springbokke se spel wat moet draai om sukses te bring.
“Adriaan se waarde word hopeloos onderskat, ʼn klomp spelers maak individuele foute op die veld wat die span onder druk sit en hy moet die blaam daarvoor dra, net soos die afrigter daarvoor blameer word.
“Dit was Adriaan se vyfde geleentheid as kaptein (teen die Pumas in Salta) en ek dink ons moet hom dieselfde geleentheid gee as wat die ander kapteins gehad het om hul voete te vind en die span bymekaar te kry.
“Ek dink hy is briljant en op die oomblik vat hy kritiek wat hom nie toekom nie, daar is nog baie rugby om gespeel te word en as dit moeilik word is hy die een wat opstaan, soos hier by die Bulle, en die leiding neem.
Miskien lê die antwoord op die al die samesweringsteorieë oor Adriaan se aankondiging by hierdie woorde van Nollis: “as die afrigtingspan dink hy is nie die regte man vir die kapteinskap nie, sal hulle die regte besluit neem.”
Tot Donderdag-toe was Adriaan se besluit nog so te sê, ʼn geheim tussen hom en Coetzee. Strauss het te midde van die sukkelende Springbokke se Australasië toer die aankondiging gemaak. Dit kon nie op ʼn meer ongeleë tyd gekom het nie. Die Bokke het nou stabiliteit nodig, nie leierskapstryde nie.
Maar miskien was Adriaan die dapper een; Springbok kaptein nommer 57 het besef dat sy sukses hand aan hand gaan met die respek wat hy afdwing, en hierdie respek is eenmalig en ononderhandelbaar.
Dalk meer gepas om weer vir Griffiths aan te haal:
“Mere men were plucked from the crowd, hoisted high on the crest of the wave as Springbok captain, each eventually to be submerged again.”
• Met erkenning aan Edward Griffiths se “The Captains”, Jonathan Ball Publishers 2001
Simon Riekert #Paletoe
Related Posts
« Final Teams for Gold Cup confirmed Israel Folau Unveiled as a Brisbane Global Tens Ambassador »