Nuwelinge versterk Pumas

Jan 6 • General News, Super Rugby, Vodacom Cup • 2568 Views • Comments Off on Nuwelinge versterk Pumas

Skrywer: Carli Koch – Rugby 15

Foto: Hennie Homann – Pumas

Die leen-speler van die Goue Leeus, Lambert Groenewald is een van vier nuwe gesigte wat Maandag by die Steval Pumas se oefengroep vir 2015 aangesluit het.

Die 25-jarige vervang die plek van die blondekop, Renaldo Bothma wat sy rugby vanjaar in Durban speel. Groenewald is ‘n goeie baldraer en het baie vaart. Dié veelsydige-speler het sy Vodamcombeker en Super Rugby-debuut in 2011 vir die Cell C Sharks in Durban gemaak. Hy het daarna vir ‘n jaar by die Italiaanse-groep, Brescia gespeel en was ook deel van Ordizia in Spanje.

Die Pumas het ook die dienste van Khwezi Mona, Jason Colin Fraser en Pule Sibiya bekom. Hulle vorm deel van die 43 spelers wat Maandag om 07:00 by Mbombela Stadion aangesluit het.

Mona, ‘n loskopstut van die Sharks, was deel van die Swart-truie se suksesvolle Vodacombeker-veldtog. Hy sal as impakspeler gebruik word nadat die Pumas se staatmakerslot Vincent Koch saam met die Stormers vanjaar oefen.

Die voormalige speler van die Boland Kavaliers, Fraser het verlede jaar nog vir Wits se Varsitybekerspan uitgedraf. Hy is ‘n produk van Hoërskool Sutherland.

Die Ferros-ster van Witbank, Pule Sibiya (21) is net vir die Vodambeker gekontrakteer. Hy hardloop die 100m in 10,5sek, die 400m in 48,99 en spring 7,10m ver. In 2012 het hy vir die SA’s Atletiek gekwalifiseer. Alhoewel hy ‘n uitstekende atleet is, het hy besluit om sy volle aandag aan sy groot liefde, rugby te gee.

Hy het in 2006 begin rugby speel en het nog nooit teruggekyk nie. Na matriek het ek vir Ferros se eerste span uitgedraf en ook vir die Pumas se o/19’s. Daardie jaar is hy as die speler van die jaar aangewys.

Die Pumas reis vroeg in Februarie na Pretoria waar hulle die Blou Bulle Saterdag 14 Februarie op Loftus Versveld teen hulle te staan sal kom.

Related Posts

« »