ONS AFRIGTERS VERSMOOR TALENT

May 5 • General News, Pale Toe, Primary Schools, SA Schools Team, School, South Africa, Springboks, Super Rugby • 3565 Views • Comments Off on ONS AFRIGTERS VERSMOOR TALENT

EAST LONDON , SOUTH AFRICA - Wednesday 26 April 2017,  during the SA Rugby 'Boks for Books' and 'Get into Rugby' festival in Mdantsane, East London. Springbok rugby players, Kyle Brown, Juan De Jongh, Scarra Ntubeni, Damien De Allende and Jesse Kriel participated and interacted with the children. Photo by Roger Sedres/SA Rugby

SKOLERUGBY IS WAAR ONS LEER RUGBY SPEEL
Foto: Roger Sedres/SA Rugby

Simon Riekert-Pretoria

Sekere aspekte van rugby sal nooit uitgepraat raak nie, soos spankeues, spelers se vorm en veral die laaste ruk (weereens), die wedstrydplan.
Ons word die laaste paar weke gereeld herinner aan die feit dat ons rugby, veral ons spanne wat teen die Nieu Seelanders speel in vanjaar se superrugby-kompetisie, nie op hulle standaard is nie.
Die Crusaders se weghol oorwinning teen die Stormers verlede week (57-24) en tot ʼn mindere mate hul verloor teen die Hurricanes, Vrydag (41-22) onderstreep die punt deeglik.
Verlede jaar was die Bulls vol belofte aan die einde van die Curriebeker seisoen, maar die Stormers en Cheetahs het hulle in die openingsrondtes van die 2017 SuperRugby-toernooi, hard aarde toe gebring.
Die Lions, Stormers en Sharks lyk in vanjaar se kompetisie na die enigstes wat vir die uitspeelrondtes kan kwalifiseer, helaas nie omdat hulle beter rugby as die Nieu Seelanders speel nie, maar eerder omdat hul spelers nog self besluite op die veld kan neem.
Net soos wat die Australiërs ons laat goed lyk, so doen die Nieu Seelanders die teenoorgestelde.
Wat is fout, word daar gereeld gevra en met die naderende Franse toer (10,17 en 24 Junie 2017), word die vraag al hoe dringender vir die Springbokke.
Gesoute analiste het vandeesweek elke keer by die punt gedraai dat die probleem by ons afrigting lê, en dit is niks nuuts om te hoor nie.
Gcobani Bobo, Butch James en Naas Botha, almal voormalige provinsiale- en Springbok spelers was dit eens dat ons met ʼn ernstige probleem sit.
Bobo het in die TV-program First XV verwys na die flair en effektiwiteit waarmee skoolseuns speel.
“Ons weet hoe om rugby te speel, maar sodra die kontrakte voor die manne neergesit word, verander hulle natuurlike spel.”
Naas het saamgestem, “sodra ʼn groep jong spelers by ʼn unie opdaag, word daar vir hulle gesê dat hulle manier van speel, nie noodwendig met die afrigter se spelpatroon strook nie.”
“Dis hier waar die probleme begin, dis nie meer die spelers wat die besluite en planne maak nie, dis nou die afrigter wat besluit hoe en waar word daar gespeel, spelers speel nie meer hoe hulle die spel sien ontwikkel nie, maar hoe hulle aangesê word. Dit maak dat ons natuurlike vaardighede uitwis met afrigting.”
Naas meen ook dat ons heeltemal te veel klem lê op verdediging en dat die spel, veral met die toonaangewende Nieu Seelanders as leiers, dat die verdedigings afrigter glad nie meer die belangrikste in die afrigting span is nie, “dit gaan oor wat die speler met die bal-in-hand doen, en dis hoe ons hulle sal kan klop, druk meer drieë.”
“Dis tyd dat ons op SuperRugby vlak meer aandag gee aan die aanvallende aspekte van die spel, en die spelers geleentheid gee om vir hulleself, binne die raamwerk van ʼn spelpatroon, die geleentheid gee om spel te skep.”
Dick Muir is as voorbeeld genoem wat die Sharks in 2007 na ʼn tuis finaal in die kompetisie geneem het. Met die hulp van John Plumtree was die Sharks hulle tyd vooruit en het uitstekende aanvalsrugby gespeel.
Sedertdien was die Stormers drie jaar lank die beste span, danksy hul verdediging, maar rugby en sy reëls het verander; aanval word nou die beste wapen.
Butch James verwys na die Cheetahs se droewige vertoning teen die Crusaders verlede Saterdag, “43 brou duikslae en dit is nie dat die Cheetahs nie daar was om die duikslae uit te voer nie, hulle het dit eenvoudig nie uitgevoer nie.”
“Teen die Crusaders kon die Stormers nie eens gewone hand-na-hand uitgee regkry nie, dit beteken dat hulle spasies skep wat die opposisie uitbuit, die bal afneem en gaan druk.”
Die krisis is so erg, dat dit ʼn verleentheid word en Naas som dit so op, “die Nieu Seelandse kommentators praat nie eens van gevorderde vaardighede nie, hulle praat van basiese vaardighede wat net ontbreek.”
“Dit maak nie saak wat die nommer op jou rug is nie, jy behoort ʼn bal te kan vang en uit te gee”, meen Butch James.
“As jy na die All Blacks kyk wat opwarm, sal jy sien dat hulle dit doen in ongemerkte truie, en die hantering van voor-en agterspelers is by hulle ewe goed, maak nie saak waar jy speel nie.”
“Hoekom is hulle so goed?”, vra James, “want hulle leer van kleins af om met die bal te speel en hierdie vaardigheid wat voor-en agterspelers van skool af aanleer, word net so voortgesit en afgerig as hy senior rugby begin speel.”
“Ons het jare se opvang agter geraak, en alvorens ons dit nie regstel nie, gaan ons nooit weer ʼn SuperRugby wenspan hê nie en die Springbokke se standaard sal aan spanne soos Australië gemeet word.”

Related Posts

« »