SA Visindustrie toernooi 2016 | Velddrif 28 & 29 Oktober 2016

Oct 13 • General News • 1541 Views • Comments Off on SA Visindustrie toernooi 2016 | Velddrif 28 & 29 Oktober 2016

BOLAND RUGBY se jaarlikse Suid-Afrikaanse Visindustrie toernooi vind oudergewoonte weer vanjaar plaas te Velddrif, op die Smit Sportgronde op 28 en 29 Oktober 2016.

Dit sal die 29ste keer wees dat dié gewilde en tradisieryke toernooi aangebied word, met vanjaar se weergawe wat méér opwinding sal bied as enige jaar vantevore.

Met ‘n totaal van sestien fabriekspanne wat vanjaar gaan deelneem, asook die beplande toevoeging van “Ou-Manne” (Old Crocks) en vrouerugby wedstryde op die Saterdag van die toernooi, beloof vanjaar om een van die opwindendste SA Visindustrie toernooie nóg te wees.

Met Bergrivier Munisipaliteit en die Velddrif Sportraad wat hulle gewig, saam met SARU en Boland Rugby agter die toernooi gooi, sal Netbal en Sokker wéér vanjaar deel vorm van die program.

Vir die tweede agtereenvolgende jaar, het die organiseerders ook besluit om ‘n gedeelte van die toernooi-inkomste vir liefdadigheid te skenk aan ‘n plaaslike instansie vir minderbevoorregtes.

TOERNOOI AGTERGROND

Sedert die ontstaan van die SA Visindustrie toernooi in 1987, het dit oor die jare ontwikkel in een van die gewildste rugby-gebeurtenisse in die Weskus, asook op Boland Rugby se jaarprogram. Dié toernooi bied aan plaaslike rugbyspelers – van wie die meeste spelers werksaam is in die visindustrie – die geleentheid om hul onderskeie fabrieke te verteenwoordig op die rugbyveld.

Met SA Rugby legendes soos Dr Danie Craven, Ian Kirkpatrick en Dougie Deyers die meesterbreine agter die ontstaan van die SA Visfabrieke toernooi, het verskeie Springbokke en provinsiale spelers vroeg naam gemaak tydens dié toenooi, onder-andere spelers soos Enrico January, Ashwin Willemse, Wayne Julies en Dale Sandton.

TOERNOOI BEKENDSTELLING

‘n Toernooibekendstellingsfunksie sal op Donderdag 20 Oktober om 11:00 in die Velddrif stadsaal aangebied word, waartydens die spankapteine voorgestel sal word en algemene toernooireëlings deurgegee sal word. Dié funksie sal ook foto- en onderhoud geleenthede bied aan die media.

Die media kan hul bywoning aan beide (1.) die toernooi bekendstellingsfunksie, asook die (2.) SA Visindustrietoernooi, bevestig aan jaco@bolandrugby.com. Bevestig asseblief u bywoning teen Dinsdag  18 Oktober om 13:00.

DEELNEMENDE SPANNE

Amawandle

West Point

West Point Fishing

I&J

Elandsbaai A

Elandsbaai B

Lucky Star

Lucky Star Fleet

Sea Harvest

Sea Pride

Coastal Links

Abdive

Cerebos A

Gansbaai

Sea Vuna

Spot on Deals

Related Posts

« »